Hello alle Kanonkop voortrekkers en ander voortrekkers maats,
Ons spanbyeenkomste het weer begin en ons is baie bly oor die groot getal maats wat ons eerste byeenkoms bygewoon het. Ons is dan ook bevoorreg om drie nuwe offisiere by ons te verwelkom.
Ons het `n opwindende jaar wat voorle. Hou hierdie spasie dop:
Ons gaan lekker kamp in Mei maand, `n oorslaap gaan gehou word in Februarie en nog hope lekker dinge. Ek sal jul op hoogte hou.
Ek wil elke span uitdaag om hierdie jaar te poog om nog maats te betrek. `n Verrassing wag vir die maats wie `n nuwe lid werf .
Groete tot volgende week. Mag jul `n lekker skoolweek ervaar.
Bernie
2008/01/18
Subscribe to:
Posts (Atom)
